Gebedsdiens by kruising ná reeks ongelukke

Deel hierdie storie / Share this story

BARKLY-WES. – ’n Gebedsdiens is hier gehou, na ’n reeks ongelukke by die Mataleng en De Beershoogte-kruising (R31) plaasgevind het.

Dié diens is vanoggend 10:00 gehou.

Ongelukke

Kapt. Bashoabile Kale, polisiewoordvoerder, sê daar is gereeld ongelukke by hierdie kruising. “Die polisie en godsdienstiges soek na die hemel vir oplossings.”

Sterftes

Hy sê hierdie ongelukke, wat sterftes veroorsaak, is as gevolg van bestuurders wat moeg is, nalatigheid en voetgangers wat sorgeloos die pad kruis.

Munisipaliteit

Dorothy Mbizeni, die burgemeester van Dikgatlong-munisipaliteit, sê hulle word geraak deur die dood van die inwoners, veral kinders wat die pad kruis om skool toe te gaan. “Ons is besig om te kyk wat ons kan doen om die pad inwoners en ander padgebruikers veiliger te maak.”