Straat vir ongeveer 10 maande toe

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Gedeelte van Scanlanstraat, tussen Bishopslaan en Lawsonstraat, gaan vir ongeveer 10 maande toe wees.

Hierdie pad gaan vir daardie periode onder konstruksie wees.

Thumo Mabija, die waarnemende munisipale bestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die straat sal vanaf 11 November 2019 tot 31 Augustus 2020 gesluit wees.

“Aangesien daar konstruksie op die genoemde plek sal plaasvind, word mense gevra om die padverkeerstekens te gehoorsaam vir hulle eie veiligheid.”

“Ons wil ook vooraf inwoners van Kimberley vir hulle verdraagsaamheid en samewerking bedank.”

Inwoners moet asseblief vir hierdie tydperk ’n alternatiewe roete gebruik.