DELPORTSHOOP. – ’n Onderwyser (25) sal na verwagting in die landdroshof verskyn in verband met ’n saak van verkragting.
Hy was ’n onderwyser aan die Hoërskool Dikgatlong op Delportshoop. Hy sal op 11 November 2019 in die landdroshof op Barkly-Wes verskyn.
Hy is in hegtenis geneem en sy borgtogaansoek is op 4 November 2019 teengestaan.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer dat die verdagte (15) tussen Augustus en Oktober vanjaar verkrag is. “Die leerder is na bewering op die skoolterrein verkrag, terwyl sy na-ure ekstra lesse by die verdagte ontvang het.
“Die verdagte is na bewering van sy pligte onthef ná die interne dissiplinêre prosesse van die departement van onderwys afgehandel is.”
Ramatseba sê die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe gaan voort met die ondersoek.
FiND iT het die skool gekontak, maar hulle was nie beskikbaar vir kommentaar teen die tyd van publikasie nie.



