Polisie bespreek misdaadbestryding vir feestyd

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die feestyd kom al nader, dus het misdaadbestrydings-organisasies soos Jeug teen misdaad, buurtwagte, plaaswagte en Vroue teen misdaad hulle ondersteuning en deelname in die stryd teen misdaad belowe.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die Noord-Kaapse Provinsiale Gemeenskapspolisiëringsraad het ’n kwartaallikse vergadering met die polisiebestuur gehou om die sake rakende misdaadbestrydingstrategie te bespreek.

“Lt.-genl. Peter Shivuri, die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, het die byeenkoms toegespreek en die belangrikheid van polisiëringsvennootskap en betrokkenheid van die gemeenskap in die stryd teen misdaad beklemtoon.”

Tawana sê die Suid-Afrikaanse polisiediensbestuur in die Noord-Kaap, onder leiding van die provinsiale kommissaris, het menslike en fisiese hulpbronne toegewy om die operasionele vermoëns te bevorder met die oog op die bekamping van misdaad in die hele provinsie.