Man vir verkragting van 19-jarige gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – ’n Man van Daniëlskuil is tot 23 jaar tronkstraf vir verkragting en 10 jaar vir roof in die landdroshof op Daniëlskuil gevonnis.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Immanuel George (39) het op 13 Desember 2014 omstreeks 21:00 die 19-jarige vrou na die veld in Thlakaltlou op Daniëlskuil gesleep. “George het haar met klippe gedreig, haar verkrag en haar van haar selfoon beroof.

“Die beskuldigde is op 19 Oktober 2016 in hegtenis geneem en was in aanhouding tot sy vonnisoplegging.”

Foto: A.o Deborah Bob, die ondersoekbeampte