KIMBERLEY – Die J.S. du Plooy-gebou, Coghsta se provinsiale kantoor, in Cecil Sussmanstraat, gaan vanaf môre amptelik as die Larry Moleko Louw-gebou bekend staan.
Zamani Saul, die premier, en Bentley Vass, LUR van Coghsta, gaan die gebou op 29 Oktober amptelik hernoem.
Agtergrond oor Larry Moleko Louw
Volgens ’n persverklaring op Coghsta se Facebook-blad is Larry Moleko Louw is op 2 Augustus 1966 in Kimberley gebore. Vanaf 1985 was hy ’n lid van die Galeshewe-studenteorganisasie en die Galeshewe-jeugorganisasie.
Hierdie organisasies was filiale van die Verenigde Demokratiese Front (UDF). Louw het die land in 1986 as balling verlaat.
Hy het sy volledige opleiding in landelike en stedelike guerrillaoorlogvoering in Caculama in Angola ontvang. Daarna is Louw bevorder tot die kommissariaat en is gestuur om sy militêre sowel as akademiese opleiding in die destydse Sowjetunie (USSR) te bevorder.



