Twee in voertuig wat teen boom bots

Deel hierdie storie / Share this story

RITCHIE. – Twee mans is vanaand na Kimberley vervoer nadat hulle hier in ’n ongeluk was.

Albert Hensberg, bestuurder van ER24, het die ongeluk aan FiND iT bevestig. “Die ongeluk het omstreeks 20:00 by die vierrigting-stop op Ritchie plaasgevind. Die motor het teen ’n boom gebots.

“Twee mans was in die voertuig, maar is nie tydens die ongeluk ernstig beseer nie.”