KIMBERLEY. – ‘n Gru-ongeluk wat omstreeks 17:00 plaasgevind het in Memorialweg, het een persoon se lewe geëis.
Na bewering het die bestuurder van hierdie Volkswagen ‘n rots getref en beheer oor sy voertuig verloor. Die voertuig het teen die boom, agter Choctaw Spur gebots.
Die rots wat die bestuurder getref het, het aan die ander kant van die pad geland.
Owerhede en die ambulansdiens is tans nog op die toneel.





