HEUNINGVLEI. – Drie verdagtes is gister in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ’n besigheid beroof het.
Twee van die verdagtes is 18 en die ander verdagte is 19 jaar oud.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het Vrydagaand om 21:30 ’n winkel op Perth binnegegaan en die besigheidseienaars met messe gedreig. Die verdagtes het na bewering vyf selfone en geld gesteel.
“Die gemeenskap het inligting aan die polisie gegee. Te danke aan kapt. Rendani Ndou, sers. Goitsemang Lorekang en sers. Tshepiso Dioka se vinnige reaksie kon daarin geslaag word om die drie verdagtes in hegtenis te neem.”



