Beloning vir inligting – wieldoppe by besigheid glo gesteel

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Besigheidseienaar hier is op soek na enige inligting wat kan lei tot die opspoor van vier 1979 Mercedes Benz-wieldoppe wat vermoedelik hierdie naweek gesteel is.

Erich-Giovanio van der Walt, die eienaar van H&E Traders, sê hy is bereid om R1 000 aan die persoon te gee wat help om die wieldoppe op te spoor.

Foto: Die besigheid waar die wieldoppe gesteel is.

“Die wieldoppe moes tussen Saterdagoggend en Maandagoggend gesteel gewees het. Die eienaar van die voertuig het baie lank gesoek na hierdie spesifieke wieldoppe, omdat dit so skaars is om in die hande te kry.”

Foto: Die motor ná die wieldoppe gesteel is.

Indien enigiemand gesien het wie hierdie wieldoppe steel of weet van iemand wat dit probeer verkoop, kontak asseblief vir Erich-Giovanio by 082 447 4546.