Noord-Kaap polisielede nou nasionale kampioene

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap en Nontobeko Vilakazi, LUR van vervoer, veiligheid en skakeling, het gisteraand ’n gelukwensingseremonie vir die Noord-Kaapse polisielede aangebied. Hierdie lede is die naweek as nasionale kampioene by die POLMUSCA Nasionale Eenheidfees gekroon.

Polisiekore en orkeste van regoor die land het in Bloemfontein om die gesogte trofee meegeding.