’n Video-greep van ‘n kunswerk wat geskep is deur ’n leerder van Grantleigh-skool in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, doen die rondte en het ouers en die publiek uiters ontsteld.
In die video praat ’n pa, wie se kind die skool verlaat. Hy is ontsteld oor die kunswerke wat uitgestal was by ’n prysuitdeling van die skool.
In die video kan sketse en beelde gesien word, wat hy voel ’n bespotting maak van God en die Christelike geloof. Van die beelde is gemaak uit die geskeurde bladsye van die Bybel.



Mense op sosiale media wat na die video gekyk het, is woedend en voel dit is nie kuns nie, maar satanisties.
Andrew Norris, hoof van die Grandleigh-skool, het in ’n persverklaring gesê die skool neem kennis van die bewerings op sosiale media. Hy het gesê die skool ondersoek die voorval, maar sal nie boelie-taktieke op sosiale media toelaat nie en sal ook nie godsdienstige onverdraagsaamheid, haatspraak of kommentaar wat die skool in ’n slegte lig stel, duld nie.
Kyk hier na die video.



