Dam op Kenilworthpad veroorsaak skade vir motoriste

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Motor het moontlik skade opgedoen nadat dit deur die water by die oorbrug in Kenilworthstraat probeer ry het.

Christo du Toit,’n inwoner van Kenilworth, sê hy het op die motor in die water by die oorbrug afgekom. 

Hy het gestop om te kyk wat gebeur het. Dit is nie duidelik of die voertuig as gevolg van die water skade opgedoen het nie, sê hy. 

Du Toit sê die gedeelte van die pad is onbegaanbaar, maar geen aanwysings is daar aangebring nie.