KIMBERLEY – ’n Man is Vrydagaand tydens ’n klopjag deur die honde-eenheid in Kimberley vir die handeldryf in tik in hegtenis geneem.
Lt.-kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die arrestasie kom as gevolg van ’n intelligensiegedrewe operasie.
Daar is beslag gelê op dwelms en ’n som geld wat in die man se besit gevind is.
Die verdagte is omstreeks 23:11 vir mediese behandeling na die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal gebring.
Die ondersoek duur voort.



