Hierdie week se wenner vir Gat van die Week is Smarttstraat se gate. Jy sal hulle in Smarttstraat, South Ridge vind. Daar is te veel gate in hierdie straat om net een te identifiseer.
Die straat is al jare vol gate en word nie herstel nie.
Kan jy vir FiND iT die grootste gat van die week aanwys? Om deel te neem, stuur ’n e-pos na [email protected] met ’n foto, die grootte van die gat (cm x cm), waar hy geleë is en wat jy hom noem.



