RITCHIE – Die polisie op Modderrivier ondersoek ’n saak van moord nadat ’n 36-jarige man vir die moord van sy vorige vriendin in hegtenis geneem is.
Brig. Mohale Rametsaba, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het na bewering op 13 Oktober omstreeks 14:00 die slagoffer naby haar huis in die straat doodgesteek.
Elsie Tshabalala (37) is op die toneel dood. Die beskuldigde is minute later by die Ritchie-sokkerstadion arresteer.
Enigeen met inligting word aangemoedig om vir speurder-konst. Renska Seekoei by 082 301 9995 te skakel.
Die verdagte gaan binnekort in ’n hof verskyn. Die ondersoek duur voort, sê Rametsaba.



