INTERNASIONAAL – ’n Gedokterde foto van ’n gesig wat uit diere saamgestel is, wat glo jou kanse om Alzimersiekte te ontwikkel kan bepaal, is onwaar.
Volgens, BOOM, ’n Indiese aanlyn-tydskrif, is die oorspronklike beeld sedert 2009 in sirkulasie, terwyl die photoshopped-weergawe waarby die kameel bygevoeg is sedert 2012 sy verskyning maak.
Die boodskap het opslae gemaak in Indië nadat dit op WhatsApp versprei is.
Shraddha Shah, ’n neurosielkundige by die Sir H.N Reliance-hospitaal in Mumbai, het die “toets” as ’n hoax bestempel.
“Sulke boodskappe het geen ander doel as om vrees by mense te wek nie. Demensie waarvan Alzheimersiekte ‘n vorm is, benodig verdere navorsing. Mense moet hulself opvoed eerder as om op WhatsApp te vertrou.”



