Eliud Kipchoge het ’n mylpaal behaal wat eens onbereikbaar was.
Hy het die eerste atleet geword wat die marathon in korter as twee uur gehardloop het en dit boonop in 20 sekondes minder. Dit is ’n bewys dat daar geen limiet is op wat die menslike liggaam kan doen nie.
Die Keniaan (34) het Saterdag die 42,2 km (56,2 km) in een uur 59 minute 40 sekondes in die Ineos 1:59 Challenge in Wene, Oostenryk, afgelê. Kipchoge, ’n agtmalige groot marathonwenner en ’n driemalige Olimpiese medaljewenner, het twee keer op sy bors geslaan toe hy die wenstreep in die blaarryke Praterpark van Wene oorgesteek het.
Dit sal nie erken word as die amptelike wêreldrekord vir ’n marathon nie, omdat dit nie ’n oop kompetisie was nie en hy het ’n span pasaangëers gebruik wat mekaar afgewissel het.
Eliud Kipchoge sê: “Dit wys niemand is beperk nie. Nou het ek dit gedoen. Ek verwag dat meer mense dit ná my sal doen.”
Kyk hier na die video waar hy oor die wenstreep hardloop.



