Polisie-atlete tydens gala-geleentheid vereer

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie se topatlete is gisteraand tydens ’n gala-geleentheid wat by Horseshoe Motel in Kimberley gehou is, vereer. Dit is mans en vroue uit alle uithoeke van die land wat hulle talente uitstekend gebruik het deur deel te neem aan ’n wedloop wat deur Vodacom gereël is ter nagedagtenis van die afgestorwe voorsitter van die Vodacom Road Runners Club.

Die polisie het van 10 tot 12 Oktober 2019 sy nasionale marathonkampioenskappe in in samewerking met Vodacom in Kimberley gehou om deel te vorm van hulle jaarlikse Mark van Niekerk-marathon.

Die wenners het weggestap met trofeë, medaljes en kontantpryse van verskillende borge wat Old Mutual, De Beers, Horseshoe Motel en vele ander ingesluit het.

Wenners in die groep vir mans:

  • I Mogapi van Noord-Wes
  • T Mochobo van Noord-Wes
  • M. Speelman van Oos-Kaap

Wenners in die groep vir vrouens:

  • M Mthimkhulu
  • D Phaho van Gauteng
  • I Gongqa van Wes-Kaap.

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê: “Die hoogtepunt van die aand was die toekenning van die wennerstrofee vir die derde keer in ’n ry aan I Mogapi van Noord-Wes wat die trofee lewenslank gaan behou.”