Hierdie week se wenner vir Gat van die Week is Parkweg se gat. Jy sal hom in Parkweg, Belgravia vind.
Dié gat strek oor die breedte van die pad en is besig om verder te verbrokkel.
Kan jy vir FiND iT die grootste gat van die week aanwys? Om deel te neem, stuur ’n e-pos na [email protected] met ’n foto, die grootte van die gat (cm x cm), waar hy geleë is en wat jy hom noem.



