Olie in pad veroorsaak chaos

Deel hierdie storie / Share this story

Olie wat in die pad in Ellen Carterweg gemors is, het vanoggend groot chaos veroorsaak toe motors daarop gly.

Zebonia Blignaut, wat ook as gevolg van die olie in die pad gegly het, het met haar suster se motor deur ’n muur gebars. Sy was op pad om haar suster se dogter by die skool te gaan aflaai, toe die ongeluk gebeur. “Daar het vier ander motors, wat ons kon sien, ook in die olie gegly. Dit het amper ’n baie groot ongeluk veroorsaak. Een dame het met haar kar in die parkeerterrein beland soos wat haar motor gegly het.”

Day and Night Towing het die oliestreep in die pad met grond bedek totdat dit deur die brandweer opgeruim kan word. Dit is tans onbekend wie die olie in die pad gemors het.

12:12 – Nuwe inligting is ontvang dat die huiseienaar, saam met ’n werker van die kafee, grond in die pad gegooi het om die olie te bedek.