Die Karreekloof-vrouenaweek

Deel hierdie storie / Share this story

Karreekloof Private Game Reserve – deel van die Wintershoek Groep – doen ’n beroep op lesers om die volgende projek te ondersteun by hul lodge net buite Strydenburg Noord-Kaap.

Almal wat saam in die boerderybedryf werk en leef, weet hoe die droogte en ekonomie almal bekommer en dit is Karreekloof se wens om met hierdie naweek ‘n verskil in soveel as moontlik vroue se lewens te maak.  

Die tema “Rooi tou vol vashou” deur dr. Marlene Swiegers beloof om jou en elke ander vrou met nuwe moed en ywer te vervul.

Ons moedig julle aan om hulle te ondersteun en vra ook dat elkeen nog iemand sal saambring.  

“Dit beloof om ‘n pragtige oggend te wees met verskeie uitstallers, heerlike pryse en hope bederf en ons sien uit om elkeen van julle hier te ontvang” sê Karreekloof-span.

Indien jy belangstel in hierdie funksie kan jy vir Aretha van Karreekloof Whatsapp by 076 190 4575.