Staats-leerder maak Noord-Kaap trots

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Danika Meyer (12), ’n leerder aan Laerskool Staats, is die enigste gr. 6-leerder in die Noord-Kaap wat deurgedring het na die nasionale finale ronde van die Oppie Tong-redenaarskompetisie.

Sy het by hierdie finale ronde sesde plek behaal en vertrek Vrydag om aan die Radikale Redenaars in Pretoria deel te neem.

Kristin-Leigh Meyer, Danika se ouer suster, sê Danika blink nog altyd uit in alles wat sy aanpak. “Ek is baie trots om haar my sussie te noem. Ek weet sy gaan goed doen by die Radikale Redenaars!”