Het jy al van die #Im Staying-beweging gehoor? Dit is ’n Facebook-blad waar enigiemand wat lief is vir Suid-Afika en beplan om hier te bly, kan aansluit. Op hierdie bladsy kan lede hulle stories van hoop deel en ook sê hoekom hulle in Suid-Afrika sal bly.
Met hastags soos #letsworktogether #imstaying #onesouthafrica #proudlysouthafrican bied hulle respek vir almal en skop rassisme onder die bas. Jy kan by hulle Facebook-blad #Im Staying gaan aansluit.
Indien jy ’n inspirerende storie het om te deel, iemand wat jou dalk gehelp het, of iets wat jy deur is, stuur ’n e-pos aan [email protected]



