KIMBERLEY. – Vandag is die laaste kans om voorsiening te maak vir die wateronderbreking wat vanaf vanaand plaasvind.
Die water sal na verwagting eers weer Vrydagaand aangeskakel word, ná ’n 965 mm-pyp aan die nuwe pompstasie by die Riverton-reservoir gekoppel is.
Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê hulle kan nog nie ’n tyd gee wanneer die water vanaand afgeskakel gaan word nie. “Ons kan ongelukkig ook nog nie ’n tyd gee wanneer die water weer Vrydagaand aangeskakel gaan word nie.”



