Dogtertjie val in swembad, oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Babadogtertjie (17 maande) wat na bewering gistermiddag in Monumenthoogte in ’n swembad geval het, is oorlede.

Die dogtertjie is Maandagmiddag deur Emer-G-Med na Lenmed-hospitaal gebring, waar sy gestabiliseer is.

André Keyser, streeksbestuurder van Emer-G-Med, het aan FiND iT gesê die oom van die babadogtertjie het CPR by die huis op haar toegepas, waar nooddienste oorgeneem het. “Sy is na Lenmed-hospitaal geneem, waar noodpersoneel en ’n dokter haar gestabiliseer het. Sy is daarna in die intensiewesorgeenheid opgeneem, maar het gisteraand laat gesterf.”

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die saak word ondersoek, maar geen verdere inligting is in die stadium beskikbaar nie.