Vrou se liggaam in veld gevind

KAKAMAS – Die liggaam van ’n onbekende vrou in haar vroeë dertigs is in ’n veld op Kakamas, in die Noord-Kaap, gevind.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap, sê ’n verbyganger het Sondag op die vrou se liggaam in ’n veld afgekom en die polisie is ontbied.

Die oorledene het ’n swart pruik, bruin trui, blou jean en bruin skoene aangehad. 

Brig. Johnny Besnaar, die waarnemende bevelvoerder van die polisie vir die ZF Mgcawu-distrik, het die oortreding ten sterkte veroordeel.

Die polisie doen ‘n beroep op enigeen met inligting wat die oortreder kan vastrek om vir a.o. Jan Mbhuela, die ondersoekbeampte, by 082 3019 937 te skakel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *