BOSHOF. – Die vier beskuldigdes wat vir die moord op Sakkie en Ina van der Berg tereg staan, het vandag in die landdroshof hier verskyn.
Die vier verdagtes is Johannes Sekgoro, Leepile Daniel Sidasie, Daniel Tsekiso Seloane en Thami Terrence Kat. Hulle is in Dealesville in hegtenis geneem.
Sakkie (67) en Ina (62) is op 12 Julie 2019 op die plaas, Bloubos, waar hulle gewoon het oorrompel en vermoor. Hulle liggame is op 13 Julie 2019 deur ’n buurman gevind na onraad vermoed is.
’n Ingeligte bron het aan FiND iT bevestig die verdagtes het nie ’n formele aansoek om borgtog gedoen nie. “Daar is ook geen aanduiding of hulle in die toekoms gaan aansoek doen om borgtog nie.”
Die saak is tot 18 November 2019 uitgestel vir verdere ondersoek.



