KIMBERLEY. – ’n Gr. 4-dogtertjie van Laerskool Newton het binne ’n paar minute ’n emoji van haarself, haar ma, pa en beste vriendin gemaak.


Emoji
Nika Botma (10) sê sy het vroeër die week haar selfoon vir ’n sagteware- opgradering weggestuur en kon daarna verskillende emoji’s maak. “Dit is baie maklik om te maak. Die eerste emoji het my omtrent 15 minute geneem om te maak, maar ek doen dit nou al baie vinniger.”
In die video, waar sy ’n emoji van haarself maak, het dit haar net so oor die twee minute geneem om hom te maak.
“Nadat jy ’n emoji gemaak het, kry jy met dieselfde gesiggie ’n klomp ander opsies, soos een wat ’n soentjie blaas of sterretjies vir oë het.”
Kreatief
Hierdie energieke meisie hou van enigiets wat kreatiwiteit verg. “Ek hou daarvan om te verf of nuwe goed te maak met die 3D-pen. Ek het ook al my eie skuifspelde gemaak deur van die 3D-ontwerpe op ’n skuifspeld te plak.”
Belangstellings
Haar belangstellings stop nie daar nie. Na skool neem sy ook aan netbal, ballet, kuns en haar gunsteling, gimnastiek, deel.



