“Ek is ’n dwelmverslaafde in rehab” – Juan deel 12

Deel hierdie storie / Share this story

Juan van Rensburg (36) is al oor sy 30-week merk by die rehabilitasiesentrum en het nog 20 weke oor om te gaan.

Hy het nog agt weke oor by CIARA, voor hy weer terug Noupoort toe oorgeplaas word vir die laaste 12 weke (Fase 3).

Emosies ry wipplank

Ellouise van Rensburg, Juan se suster, sê hy gaan op die oomblik deur ’n baie moeilike tyd. “Sy gevoelens en emosies ry maar wipplank, maar hy werk daardeur.

“Ek dink sy beperkte vryheid en die verlange na sy familie en vriende maak sy tyd in die rehabilitasiesentrum vir hom die moeilikste. Alhoewel hy baie vryheid by CIARA het, is daar steeds baie streng reëls wat gevolg moet word. Ek dink dit is meer oor hy nie enigiets kan doen wanneer hy dit wil doen nie.”

Gesels

Sy sê die feit dat hulle hom op sy eie selfoon kan bel en SMS maak die verlange bietjie makliker. “Ek kan hom net gou bel en hoor wat hy doen, waar ons gewoonlik dae moes wag om met hom te kon praat.

Familie

“Vir ons as familie is dit nie lekker om te hoor as dit nie met hom goed gaan nie, maar ons weet Jesus stap saam met hom die pad. Hy moet net in sy geloof bly sterk staan.”