August 4, 2021

Nuwe lied vir die rugbywêreldbeker

Die Rugbywêreldbeker is om die draai en watter beter manier is daar as om ’n nuwe liedjie daarvoor bekend te stel?

Nicholis Louw, die veelsydige superster en Liezel Pieters, het pas ’n hartroerende weergawe van die 1995 PJ Powers en Lady Smith Black Mambazo-treffer, World In Union, vrygestel. Hierdie liedjie beloof nie net om luisteraars se asems weg te slaan nie, maar ook ou nostalgiese gevoelens van passie en gemeensaamheid te laat seëvier.

Louw sê World In Union is een van daardie groot, legendariese liedjies wat hy nog altyd wou sing. “Vanjaar se rugbywêreldbekertoernooi het die perfekte geleentheid gebied om dit te doen en ek hoop dat hierdie weergawe die publiek diep sal tref.”

Hy sê Liezel is een van die min vroulike sangers wat hierdie lied regtig kan sing. Ek dink sy is een van die beste opkomende kunstenaars in die land en dat daar ’n baie blink toekoms vir haar voorlê in die musiekbedryf,” sê Louw.

Alani Coetsee, woordvoerder van Starburst Promotions, sê met meer as sestien jaar in die musiekbedryf, verskeie musiektoekennings en -benoemings, heelwat nommer een treffers op die radio en talle albums met multi-platinumverkope, het van Nicholis Louw ’n huishoudelike naam gemaak en vir hom ’n permanente plek in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf gevestig. 

Nicholis Louw en Liezel Pieters se stemme vul mekaar hoendervleismooi aan in hierdie unieke emosieblaaide weergawe van World in Union. Die lied is nie net ’n merkwaardige huldeblyk aan ’n sport met ’n ryk kultuur en tradisie nie, dit sal luisteraars ook daaraan herinner om saam te staan in ’n wêreld waar situasies soms hopeloos lyk. Dit is beslis die perfekte manier om die 2019-rugbywêreldtoernooi op ’n hoë noot te begin en ’n moet-hê-snit vir elk- rugbykuier se musieklys.

Die lied sal binnekort op alle digitale platforms beskikbaar wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *