KIMBERLEY. – Die tienermeisie wat sedert Saterdag vermis was, is ongedeerd gevind.
Shouneez Nyl (17) is Saterdag laas gesien en het nie weer huis toe gekom nie. Inskrywings oor haar verdwyning is sedertdien honderde kere op Facebook versprei, met die hoop om haar op te spoor.
Anastacia Stacey Vyver, wat Nyl se foto op Facebook versprei het, het sowat twee ure gelede op haar blad gesê: “Shouneez had been found unharmed. Thank you to everyone who shared and spread the word. Their family appreciates it.”



