KIMBERLEY. – Daar is protesaksie in die Hullstraat-area en moet asseblief vermy word.
Johan Coertz, wat op pad is na De Beers, sê daar is ’n paar klippe in die pad asook ’n motorband wat reeds klaar gebrand is.
Marie Beylefeld, ’n lid van die DA sê die owerhede is tans op die toneel.
Wees asseblief versigtig indien julle in daardie omgewing is.



