Onetiese gedrag van beheerliggaam hersien

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van onderwys in die Noord-Kaap nooi alle belanghebbendes uit om deel te wees van die opstel van ‘n nuwe gedragskode vir die skoolbeheerliggaam. 

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys, sê die gedragskode vir lede van skole se beheerliggaam is in 2005 laas hersien. 

“Die doel van die kode is om gedissiplineerde en doelgerigte skool-omgewings te skep. Die beheerliggaam moet die instandhouding van die skole bewerkstellig, asook verbetering by skole bevorder.”
Van der Merwe sê die kode word hersien om die vlaag van onetiese gedrag deur skole se beheerliggame te stuit. 

Alle kommentaar oor die gewysigde gedragskode kan gestuur word aan:

Die Departementshoof, mnr. G.T Pharasi
Die Noord-Kaapse onderwysdepartement
Barklyweg 156
Opstal
Kimberley
8301