KIMBERLEY. – Tien studente van die Universiteit van die Vrystaat, waarvan vyf van die Noord-Kaap afkomstig is, is uitgenooi na die jaarlikse akademiese funksie.
Die top 10 studente van semester een, drie en vier word uitgenooi. Die doel van hierdie funksie is om die mediese (MBChB) studente te vereer vir hulle akademiese prestasie.
Van links is Lurika Faber, Miécke Müller (albei Hoërskool Noord-Kaap), Nelius Oosthuizen (Hoërskool Diamantveld), Sonél Beukes (Hoërskool Kathu) en Faseeha Fredericks (Kimberley Girl’s High School).




