Hou jy van koffie? Jy hoef nie net jou koffie te drink nie, met hierdie resep, kan jy dit eet ook!
Bestanddele vir koek
4 Eiers
1 Koppie suiker
1 ¼ Koppie meel
4 Eetlepels melk
4 Eetlepels water
½ Teelepel sout
1 Eetlepel koffie
2 Teelepels bakpoeier
½ Eetlepel vanielje-essens
2 Eetlepels botter
Bestanddele vir stroop
12 Eetlepels suiker
1 Eetlepel vanielje-essens
1 ½ Koppies water
Bestanddele vir versiering
1 Blik karamelkondensmelk
1 Groot Flake
500 ml Room
1 Pakkie butterscotch kitspoeding
Metode
Klop eiers en suiker saam totdat geroom. Sif droë bestanddele by en meng goed. Smelt botter, voeg melk, water en vanielje by. Meng alles goed saam. Gooi beslag in ’n gesmeerde oondbak. Bak vir 20 minute by 180°c. Haal uit die oond en steek gate in die koek met ’n vurk.
Stroop: Kook bestanddele saam tot suiker gesmelt is en gooi oor warm koek.
Versiering: Smeer karamelkondensmelk oor warm koek en laat dit afkoel. Klits poeding met een koppie melk tot styf. Klits room tot styf en meng met poeding. Smeer bo-oor koek. Krummel Flake oor.



