Tienermeisie gekies vir inter-provinsiale gholftoernooi

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Reagan Woodbridge (16), van die Hoërskool Noord-Kaap, het geskitter met haar prestasies tydens die pasafgelope gholftoernooie.

Sy het aan die Suid-Kaap Dames Ope Gholftoernooi, wat in op 24 en 25 Augustus op George plaasgevind het, deelgeneem. Sy het ’n algehele derde plek in haar afdeling behaal.

Wian Jacobs, Hoërskool Noord-Kaap se bemarkingsbestuurder, sê Reagan het ook aan die Noord-Kaap Dames Ope Gholftoernooi in Kathu op 31 Augustus en 1 September deelgeneem. “Hier het sy eerste in haar afdeling geëindig en algehele sesde plek in al die afdelings gekombineerd.”

Reagan is gekies om die Noord-Kaap by die inter-provinsiale gholftoernooi, wat gedurende die September-skoolvakansie in Vereniging gehou word, te verteenwoordig.