KIMBERLEY. – Die eerste krieketnaweek van die seisoen het die afgelope naweek by die Hoërskool Noord-Kaap afgeskop met sterk opposisie vir die spelers.
Wian Jacobs, dié skool se kriekethoof, sê hulle spanne het bietjie swaargekry teen die sterk opposisie. “Hoërskool Noordheuwel en Hoërskool Paul Roos het by ons kom kuier en ons het goeie lesse geleer en ondervinding opgedoen vir die seisoen wat nog voorlê.”






