JACOBSDAL – Die tuinier en nog ’n verdagte wat omsteeks 08:30 ’n 78-jarige vrou by haar huis op Jacobsdal aangeval het, is steeds soek, sê die polisie.
Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder vir Jacobsdal, sê ’n saak van poging tot verkragting is geopen.
Vrou deur tuinier aangeval
Mpakane sê die slagoffer is na bewering deur haar tuinwerker en nog ’n onbekende man in haar huis aangeval.
Die twee verdagtes het weggehardloop nadat ’n verbyloper hulle gesien en die polisie ontbied het.
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie
Volgens die getuie het die verdagtes niks van haar besittings in die aanval gesteel nie. Mpakane sê omdat een van die verdagtes aan die slagoffer bekend is, gaan ’n arrestasie binnekort volg.



