KIMBERLEY – ’n Persoon is net na 09:00 beseer toe ’n motor teen ’n sementpaal in Stockdalestraat vasgery het.
Die polisie, nood- en sleepdienste was op die toneel toe FiND iT daarop afkom.
Die bestuurder was nog in die voertuig. Paramedici was besig om haar beserings vir behandeling na te gaan.




