Petrolprys gaan nóg op

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Motoriste kan verwag om nog in September 25c duurder vir diesel en 10c meer vir 95-oktaan petrol te betaal. ’n Verlaging van 3c in die prys van 93-oktaan word verwag.

Wisselkoers rof op brandstofprys

Die Automobiel Assosiasie (AA) sê die prys van brandstof word deur die swak wisselkoers van die rand opgestoot. Die prys van afgelewerde brandstof het gedurende Augustus verlaag. Indien die wisselkoers stabiel gebly het, kon ’n verlaging van 30c op diesel, en 52c op petrol, verwag word.

Beleidstabiliteit nodig om rand te beskerm

Die AA sê: “Ons benadruk weer eens die behoefte aan beleidstabiliteit om die rand te beskerm. Tito Mboweni, minister van finansies, het bemoedigende woorde gespreek, maar dit moet tot konkrete optrede lei. Ons kommer is steeds dat die verswakkende rand motoriste van die voordeel van laer oliepryse beroof.”