HARTSWATER – Ockert du Toit (45) en Stefan de Villiers (52) is Woensdag deur die landdroshof op Hartswater vir die besit van, en handeldryf met ’n kwesbare en bedreigde spesie, skuldig bevind.
Jagluiperds te koop op Hartswater
Nomthandazo Mnisi, woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, sê die twee is in Augustus 2015 in hegtenis geneem. Dit het gevolg nadat die Valke inligting oor drie jagluiperds wat in die Hartswater-gebied te koop was, ontvang het.
Inligting lei Valke tot jagluiperd op Vorstershoop
Mnisi sê die Valke het twee jagluiperdwelpies in ’n klopjag op ’n erf op Hartswater gekry. Die verdagte het tydens ondervraging onthul dat daar nog ’n jagluiperd op ’n plaas naby Vorstershoop aangehou word. Dit is opgevolg en ’n jagluiperd is daar in ’n buitegebou gevind. Beslag is ook op twee gewere gelê.
Du Toit is met ’n boete van R 5 000 of tronkstraf van ’n jaar gevonnis. De Villiers is met ’n boete van R 10 000 of tronkstraf van twee jaar gevonnis.





