Geen drank hier te koop ná 20:00

Deel hierdie storie / Share this story

POSTMASBURG – Die polisie op Postmasburg, in samewerking met drankwinkels het suksesvol die “We Will Comply”-inisiatief op die dorp begin.

Brig. Mohale Ramatseba, kommunikasiehoof vir die polisie in die Noord-Kaap, sê ondernemings met dranklisensies het ‘n belofte onderteken dat hulle aan die bepalings van die Noord-Kaapse drankwet sal voldoen.

Ondernemings belowe om:

  • Nie drank aan bedwelmde persone te verkoop nie;
  • By handelsure te hou;
  • Nie drank aan minderjariges te verkoop of minderjariges in diens te neem nie;
  • Slegs handel te dryf indien ’n geldige dranklisensie uitgereik is;

Ramatseba sê eienaars het kennisgewingborde ontvang om in die onderneming te vertoon, om die gemeenskap op te voed oor die toegelate handelsure.