Baie geliefdes word begrawe, maar daar was dalk nie die geleentheid om ’n grafsteen op die graf te sit nie.
Vir baie Kimberliete is ’n mooi grafsteen ’n aandenking aan sy/haar geliefde en ’n manier om die oorledene se nalatenskap te onthou.
Daarom het Ben-Johann van der Walt, van GW Graniet en Marmer, vandeesmaand ’n grafsteen ter waarde van R5 000 geborg om aan ’n leser te skenk.
Die wenner van dié kompetisie sal op 30 Augustus bekend gemaak word.
Magriet Payne, ’n leser wat ingeskryf het, sê haar babadogtertjie is al 14 jaar gelede oorlede. “Ek sal vreeslik graag vir haar ’n grafsteen wil laat opsit en haar graffie mooi maak.”
Nog ’n leser, Dianne Jansen, wie se ma al 16 jaar oorlede is, het nog nie vir haar ma ’n grafsteen laat opsit nie. “Ek sal baie graag vir haar ’n kopklip wil laat opsit.”
Moses Pelser sê sy suster het na hom gekyk en hom grootgemaak. “Sy het tot skool gelos om ons te onderhou. My ma was ’n enkelouer.” Pelser wil graag vir sy suster ’n grafsteen laat opsit.
Om in te skryf, kan jy hierdie skakel volg. Jy hoef net ’n maklike vraag te beantwoord en die wenner word deur ’n aanlynprogram gekies. Die kompetisie het reeds meer as 330 inskrywings.
GW Graniet en Marmer se werkswinkel is by Delfosstraat 1, Kimberley. Kontak hulle by 082 371 9937 of stuur ’n e-pos aan [email protected]. Top kwaliteit marmer en graniet. GW Graniet en Marmer bied ook “lay-buy” opsies.



