SAPD-sokkerkampioenskap skop môre af

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Daar is opwinding in die lug, terwyl die Noord-Kaap SAPD manssokkerspan hulle titel verdedig en hulle derde SAPD sokkervereninging nasionale kampioenskap in Durban wen.

Die kompetisie begin op Maandag 26 Augustus 2019.

Die dinamiese Diamond Boys met sers. Tshepiso ‘Patrash’ Motseothata as afrigter sal teen provinsiale polisie-sokkerspanne van oor die hele land meeding.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die voorbereidings vir die kampioenskap het reeds die week begin. “Die span het oefenwedstryde teen plaaslike spanne, wat wissel van polisiebeamptes, gevangenes tot studente van die Sol Plaatje-universiteit, gespeel.”

Volgens Lucky Mpulo, die spanbestuurder, is die wen van die eerste twee wedstryde van kardinale belang. “Die spanne speel ses punte, maar ek is vol vertroue die span sal hulle teenstanders wen, omdat my span oorwinnaars is.”

Hy het ook bygevoeg daar is ‘n 80% -kans om hierdie kampioenskap te wen, aangesien die span ​​uit ‘n paar jong, fiks en nuut-ingeskrewe sterspelers bestaan.

Die SAPD het hulpbronne in sport belê, aangesien sport lei tot verbeterde fisieke en geestelike fiksheid van polisiebeamptes.

Brig. Tlhokomelang Diakanyo het namens die bestuur van die SAPD gesê die SAPD-bestuur in die Noord-Kaap is ten volle agter hulle ster sportmanne en hulle is optimisties dat hulle die kampioenskapstrofee terug sal bring.