DA-lid gegroet ná bedanking

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Dr. Allen Grootboom, wat as ’n lid van die provinsiale wetgewer ingesweer is, het besluit om hom uit die formele politiek te onttrek na ’n lang en suksesvolle loopbaan op hierdie gebied.

Hy sal steeds ’n lid van die party bly.

“Dit is met ’n swaar hart dat ek vandag die bedanking van ’n ervare lid van die DA se wetgewer-span in die Noord-Kaap moet aankondig,” sê Andrew Louw, DA Noord-Kaapse provinsiale leier.