Slaghuiseienaar vandag in hof vir beweerde seksuele aanranding

KIMBERLEY. – Josef Adriaan de Klerk (46), eienaar van West End-vleismark, het vandag weer op aanklag van seksuele aanranding in die landdroshof hier verskyn.

De Klerk is uit op borg van R10 000 nadat hy homself in November 2017 aan die polisie oorhandig het.

De Klerk word daarvan aangekla dat hy een van sy werknemers by die slaghuis op 4 November 2015 seksueel gemolesteer het. Nog ‘n werknemer beweer De Klerk het haar betas.

Adv. Johan van Niekerk, De Klerk se regsverteenwoordiger, het vir uitstel gevra. Hy versoek egter dat daar drie aaneenlopende dae of drie dae na aan mekaar uitgesit word vir die volgende hofsaak omdat die hofsaak al van September 2018 sloer.

Landdros Cordelia Kgopa het die saak tot  20, 21 en 28 November 2019 uitgestel, waartydens die ooggetuies teen De Klerk sal getuig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *