Weeroorsig vir die week: sonnige weer die naweek

Deel hierdie storie / Share this story

Kimberley – Inwoners van Kimberley kan moontlik hulle swemklere regsit hierdie naweek. Sonnige en warm middae word die naweek verwag.

Vandag

Sonnige weer met ‘n maksimum van 25°C word vir vandag in Kimberley voorspel. ’n Temperatuur van 24°C en winde van 9.25 km/h word tans aangedui.

Donderdag

’n Minimum van 4°C en ’n maksimum van 26°C met oopgetrekte weer word vir Donderdag verwag.

Vrydag

’n Minimum van 4°C en ’n maksimum van 27°C met sonnige weer word vir Vrydag voorspel.

Die naweek: baie warm weer Sondag

’n Minimum van 5°C en ’n maksimum van 28°C word Saterdag hier verwag. Gedeeltelik bewolkte weer en ’n minimum van 5°C en ’n maksimum van 30°C word vir Sondag voorspel.

Volgende week: warmer weer 

Langtermyn voorspellings dui op kouer oggende en warm weer in die middae word vir volgende week voorspel.

Weerdata is deur die Suid-Afrikaanse weerburo en die Noorse meteorologiese instituut (Norway NET) verskaf.

*Foto’s en video is met ’n Huawei P30 geneem.