Noú gaan ons leer! Onderwysers kry nuwe tegnologie

Deel hierdie storie / Share this story

Mnr. Mac Jack, die LUR vir onderwys in die Noord-Kaap, het Edukite-harde- en -sagteware aan 400 opvoeders in die provinsie oorhandig. In reaksie op die premier se visie vir die Noord-Kaap, het die departement Edukite-harde- en sagteware aangeskaf vir wiskunde en fisiese wetenskappe vir gr. 12 en natuurwetenskap vir gr. 9, vir die begrip en uitdrukking van vakinhoud.

Die voorsiening en benutting van hierdie Edukite-IKT hulpbronne sal ‘n waardevolle platform bied vir opvoeders om inhoudskennis en klaskamerpedagogiek te versterk, ook om leerders te stimuleer en hulle begrip van veral abstrakte en problematiese inhoud te verbeter.

Elkeen van die geïdentifiseerde opvoeders het ‘n skootrekenaar, gelaai met digitale KABV-belynde kurrikuluminhoud, in die vorm van multimedia 2D- en 3D-animasies, interaktiewe simulasies, virtuele eksperimente, assesserings, geleenthede vir vorige leer en konsolidasie van die betrokke vak,ontvang.

LUR Mac Jack het gesê: “Dit is vir my aangenaam om hierdie gelukkige geleentheid aan te bied waar ons opvoeders toerus met die 21ste eeuse tegnologie wat leerders voorberei vir die vierde industriële revolusie.”