Total-garage in Transvaalweg tot verdere kennisgewing gesluit

KIMBERLEY. – Die ontploffing by Total-garage in Transvaalweg is glo as gevolg van hitte en drukking.

‘n Bron het aan FiND iT bevestig twee van die ondergrondse tenks, wat petrol bevat, se deksels het as gevolg van hitte en drukking opgeblaas en toe afgeskiet.

Daar was geen brand nie en dit is nog onduidelik of die pad veilig is vir verbruikers.

Gerrit de Boer, eienaar, sê die Total-garage kan nie in dié stadium FiND iT se vrae beantwoord nie. “Ons wag vir hoofkantoor om ondersoek in te stel.”

Lili du Toit, van Total Suid-Afrika, sê die voorval het binne-in ‘n mangat van Total Kimberley se tenk plaasgevind. “Daar was geen beserings nie en geen sterftes. Die terrein is tans onder beheer van die Kimberley-nooddienste en is gesluit tot verdere kennisgewing gesluit. Total neem sy verantwoordelikheid vir gesondheid, veiligheid en omgewing baie ernstig op. ‘n Volledige ondersoek word gedoen.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: